• alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • 'n Kind se selfbeeld is die fondament vir sy toekoms.

  • Liefde

    Het die krag om te heel, om te genees, om te kalmeer, om te verander, om te herenig.  Gebruik die krag van liefde gereeld.

  • Woorde kan mense, veral kinders, opbou of vernietig.

    Wees versigtig wat jy sê.  Woorde gaan lê in die hart en bly daar vir ewig.

  • Daar bestaan nie 'n ding soos...

    Te veel drukkies, soentjies, optel en vashou nie.  Daar bestaan nie 'n ding soos, jy bederf babas deur te veel liefde nie, want daar bestaan nie 'n ding soos "TE VEEL LIEFDE" nie.

  • Elke dag van ons lewe maak ons deposito's in die geheuebanke van ons kinders

Doel en Strewe

 

Liefste Lyfies Babasorg streef daarna om elke baba te verwelkom in 'n warm, huislike en vriendelike omgewing waar hul veilig sal voel en sekuriteit ervaar en hulle ook daagliks en deurentyd bloot te stel aan 'n huislike dog stimulerende omgewing waarbinne hulle op 'n ontspanne, kreatiewe wyse tot volle potensiaal kan ontwikkel.

iStock 000010072649XSmall