Eksklusiewe babasorg vir babas vanaf 4 weke tot 2 jaar, met 'n verhouding van 1 personeelid vir 3 babas/peuters.
Anders as enige ander babasorg/dagsorgsentrum, fokus ons op die potensiaal van elke individuele baba/peuter. Babas en peuters is van nature nuuskierig en leergierig en ons help hulle om 'n lewenslange liefde vir ontdek, eksperimenteer en leer te ontwikkel.
Elke week sluit die volgende aktiwiteite in om spesifieke vaardighede aan te leer:
- Groot en fyn motoriese aktiwiteite
- Perseptuele en intellektuele aktiwiteite
- Sensoriese bewustheid
- Musiek en beweging
- Luistervaardighede
- Rympies & liedjies
- Mors aktiwiteite
- Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke
- Baba massering (3-6 maande)
- Storie tyd
- Vryspel met ‘n verskeidenheid opvoedkundige speelgoed (Binne)
- Vryspel met ‘n verskeidenheid speelgoed en apparate vir buite aktiwiteite (klim & klouter apparaat, sandput, hindernisbane ens