• alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • 'n Kind se selfbeeld is die fondament vir sy toekoms.

  • Elke dag van ons lewe maak ons deposito's in die geheuebanke van ons kinders

  • Woorde kan mense, veral kinders, opbou of vernietig.

    Wees versigtig wat jy sê.  Woorde gaan lê in die hart en bly daar vir ewig.

  • Liefde

    Het die krag om te heel, om te genees, om te kalmeer, om te verander, om te herenig.  Gebruik die krag van liefde gereeld.

  • Daar bestaan nie 'n ding soos...

    Te veel drukkies, soentjies, optel en vashou nie.  Daar bestaan nie 'n ding soos, jy bederf babas deur te veel liefde nie, want daar bestaan nie 'n ding soos "TE VEEL LIEFDE" nie.

Siekte

Indien u baba/peuter siek is moet hy/sy verkieslik tuis versorg word om verspreiding van siektes te voorkom. Indien u kleinding by die skool sou siek word, sal ons u dadelik in kennis stel en hom/haar in afsondering hou.
Geen baba/peuter met aansteeklike siektes sal tot die skool toegelaat word nie.
Indien u baba/peuter enige medikasie sou moet ontvang, moet hierdie medikasie aan die betrokke persoon in die klas van die baba oorhandig word. Indien u kleinding medikasie moet ontvang in die oggend moet u dit reeds by die huis toedien. Indien u kleinding medikasie in die middag moet ontvang moet u die regte dosis in 'n spuit, gemerk in 'n sakkie aan die betrokke personeel oorhandig.
Enige allergieë en medikasie verwante allergieë moet aan ons deurgegee word.

Braking:  U kleinding moet 24 uur simptoom vry wees sonder medikasie voor hy/sy weer kan skool toe kom.

Diaree:  4 Poefdoeke 'n dag is die limiet, meer as dit moet hy/sy by die huis versorg word.  24 uur simptoom vry sonder medikasie voor hy/sy weer kan skool toe kom.

Koors:  Indien u kleinding koors sou kry (38'C) sal ons u in kennis stel en u moet hom/haar kom haal.  Indien hy/sy by die huis deur die nag of oggend koors kry hou hom liefs tuis.  24 uur koors vry sonder medikasie.

Uitslag:  Indien u kleinding 'n uitslag het hou hom liefs tuis tot ons duidelikheid het van wat dit veroorsaak.  (bevestiging met Dr brief)

iStock 000010072649XSmall