Stuur asb. jou baba/peuter met gemaklike speelklere waarin hulle maklik kan beweeg en sover moontlik kaalvoet vir daai voete om die geleentheid te kry om te groei en te ontwikkel.
Baie belangrik: merk alle klere, skoene en kouse.
Stuur asb. ‘n ekstra stel gemerkte klere.
Geen eie speelgoed mag saam na die skool gebring word nie.
- Doeke vir elke dag ongeveer 6 of 7
- Bottels met water reeds afgemerk
- Formule melk reeds afgemerk
- Ontbyt pap word deur Liefste Lyfies voorsien
- Knibbelkossies
- Middagete vir die babas/peuters wat nie kossies by ons kry nie
- Boudsalf en wetwipes word deur Liefste Lyfies voorsien
Daar word niks ekstra per maand of kwartaal gevra nie.