• alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • alt-icon
  • Liefde

    Het die krag om te heel, om te genees, om te kalmeer, om te verander, om te herenig.  Gebruik die krag van liefde gereeld.

  • 'n Kind se selfbeeld is die fondament vir sy toekoms.

  • Daar bestaan nie 'n ding soos...

    Te veel drukkies, soentjies, optel en vashou nie.  Daar bestaan nie 'n ding soos, jy bederf babas deur te veel liefde nie, want daar bestaan nie 'n ding soos "TE VEEL LIEFDE" nie.

  • Woorde kan mense, veral kinders, opbou of vernietig.

    Wees versigtig wat jy sê.  Woorde gaan lê in die hart en bly daar vir ewig.

  • Elke dag van ons lewe maak ons deposito's in die geheuebanke van ons kinders

Verdere inligting

Evalusie

Kommunikasie is vir Liefste Lyfies van uiterste belang.  Daar sal deurlopend met ouers gekommunikeer word oor ontwikkelingsmylpale.  Wanneer baba/peuter 'n mylpaal bereik of aan 'n nuwe aktiwiteit blootgestel word sal ons vir mamma of pappa 'n foto'tjie daarvan stuur.  Daar sal ook deurlopend foto's aangestuur word.

Maaltye

Daar is tans twee opsies beskikbaar, een wat jy kan kies wanneer baba nog nie vastekossies eet nie of as jy self kossies voorsien, (dus kos uitgesluit) of jy kan ons opsie kies wat dan kos insluit. 

 

 

iStock 000010072649XSmall